Nanso wil met BoN gesels oor studente in Rusland
Die Namibiese studente-organisasie Nanso, sê Namibiese studente in Rusland het nie toegang tot hul fondse nie. Dit volg na Westerse sanksies teen die land vir sy aanval op die Oekraïne. Volgens die organisasie raak dit veral privaatstudente in daardie land wat nie huur kan betaal of kos kan koop nie. Naboth de Celestino, Nanso se sekretaris vir internasionale aangeleenthede sê talle het begin werk soek om so geld te bekom. Hy voeg by dat hulle die Bank van Namibië genader het vir ‘n vergadering in die verband. Russiese banke is deur die sanksies afgesny van meeste betalingstelsels.