Nog geld nodig vir staatskaping-vervolging

Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê ‘n bykomende 1,7 miljard Suid-Afrikaanse rand is van volgende jaar af nodig om staatkapers aan die pen te laat ry. Die Ondersoekdirektoraat het 82 ondersoeke verklaar en 20 sake aanhangig gemaak, met 65 beskuldigdes. Nege korrupsiesake sal binne die volgende ses maande voorkeur kry. Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, het in die parlement gesê hulle is vasbeslote om te verseker diegene wat by staatskaping betrek word, word verantwoordbaar gehou: