Dodelike bedrogspul in SA oopgvlek

Ondersoekers van lewensversekeringsmaatskappye in Suid-Afrika het afgekom op ‘n ontstellende geldmaakskema. Misdaadsindikate neem begrafnispolisse uit op mense wat hulle dan vermoor en die voordele eis. Die tendens kom veral in die Oos-Kaap voor. Daar is bevind die sindikate was verlede jaar betrokke by 68 uit meer as 3 200 gevalle van bedrog met begrafnispolisse. Media in die buurland berig die Vereniging van Spaar en Belegging Suid-Afrika, Asisa, sê ook sindikate kry soms liggame uit lykshuise vir gebruik in vals tref-en-trap-ongelukke.