Oorgrensvolumes groei mooi

Namport sê oorgrensvolumes het met tien persent toegeneem van 1,46 miljoen bruto tonnemaat in die 2020-2021 boekjaar tot 1,61 miljoen bruto tonnemaat in 2021-2022. Suid-Afrika het 48 persent van die markaandeel met Zambië op 23 persent, die DRK op 15 persent. Botswana en Zimbabwe is albei op 6 persent. Die hawe-owerheid sê die kommoditeite wat vanaf SAOG-lande deur Namibië uitgevoer word sluit koper, mangaanerts en houtprodukte. Die belangrikste kommoditeite wat na Namibië ingevoer word wat vir SAOG-lande bestem is sluit bevrore pluimvee, voertuie, masjinerie, onderdele, bande, chemikalieë vir die  mynbou-bedryf, elektriese goedere, elektriese toerusting en mout.