AfriForum gaan hof toe oor Covid-maatreëls
AfriForum en die openbare-deelnameplatform DearSA het ‘n dringende regsaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien teen die regering se besluit om Covid-19-regulasies permanent in die wet te verskans. AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê dis kommerwekkend dat die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, ál die gesag het om te bepaal hoe lank sulke regulasies van krag bly en wanneer dit opgehef word: