Putin het niks noemenswaardig gesê nie, wat nou van olie?
Die oorlog in die Oekraïne oorskadu Moskou se jaarlikse viering van die Sowjet-oorwinning oor Nazi-Duitsland. Ná die groot militêre parade het die Russiese President beweer Rusland verdedig die “Moederland” in Donbas. Hy het egter nie oorlog teen die Oekraïne verklaar of oorwinning geëis nie. Met hierdie toespraak laat dit egter onsekerheid oor besluite vir kommoditeite soos olie. Plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus, reageer op Putin se toespraak.