Likius Nande is weer Namibiese Amateur Ope-gholfkampioen
Likius Nande is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Namibiese Amateur Ope-kampioen gekroon. Nande het by die Windhoek Buiteklub sy drie rondes met 215 houe afgesluit, wat hom met drie houe teen Francois Hanekom laat wen het. In die vroue-afdeling het Zandra Kruger koniningin gekraai met Wilma de Wet in die tweede plek.