Namibië se boere kan ook nie aftrede bekostig nie
Navorsing wat in 2021 in Suid-Afrika uitgevoer is, toon dat net een uit vyf boere beoog om binne die volgende tien jaar hul boerdery te verlaat, en talle boere wat behoort uit te tree, is nie voorbereid op aftrede nie. Met die konflik in Oos-Europa het insetkoste nog verder gestyg, saam met uitdagings in verband met klimaatsverandering en ontwrigting in waardekettings. Die plaaslike landbou-navorser Wallie Roux, sê dit is ook van toepassing op Namibiese boere.