Vier Namibiërs vas oor wapensmokkelary in Angola

Vier Namibiese verdagtes is in verband met wapensmokkelary in Angola in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het ‘n gesamentlike ondersoek tussen die twee lande gelei inhegtenisname van die Namibeise verdagtes en een verdagte is tot dusver in Angola in hegtenis geneem. Ndeitunga sê die ondersoek duur voort na onwettige vuurwapens wat in Namibië verkoop word en na Angola gestuur word. Hy het bygevoeg dat sommige van die vuurwapens in Angola gevind is.