Britse premier spreek Oekraïnse parlement toe
Die Britse premier Boris Johson sal die Oekraïnse parlement vandag aanlyn toespreek en die land loof vir die voorbeeld wat hy in sy weerstand teen tirannie stel. Die kom nadat President Wolodomir Zelensky van Oekraïne die Britse laerhuis in Maart toegespreek het. Johnson sal die eerste wêreldleier wees wat die Oekraïnse parlement sedert die begin van die oorlog toespreek en sal sy kritici wil wys hy fokus op internasionale betrekkinge terwyl sy leierskap bevraagteken word.