NUM glo Sibanye-Stillwater kan verhogingseise betaal

Die Nasionale Mynwerkersunie glo Sibanye-Stillwater kan bekostig om stakende werkers se eise te betaal. President Cyril Ramaphosa is van die verhoog afgejou tydens ‘n Werkersdag-saamtrek in Noordwes waar hy veronderstel was om werkers toe te spreek. Die werkers eis ‘n verhoging van een duisend rand per maand. NUM se woordvoerder, William Mabapa, sê tans is die vakbond se hande egter gebind, aangesien die mynonderneming weier om van sy aanbod af te wyk.