Onwettige myne, dwelms, en meer …

Die Namibiese polisie sê verdagtes is soek in verband met die onwettige ontginning van koper op plaas Condor in die Outjo-distrik. Volgens die weeklikse misdaadverslag was die groep bedrywig op die stuk grond tussen Maart en April. Hulle het 80 ton koper ter waarde van 1,8 miljoen Namibiese dollar ontgin sonder die toestemming van die eienaar van die lisensie. Die polisie sê die ondersoek duur voort. Uitdagings duur ook voort met die onwettige invoer van whisky vanuit Angola, dwelms, dronkbestuur en verkragting. Een saak van veediefstal, waar sewe ooie en een ram gesteel en geslag is. Drie is vas in die verband.