München sal Oktoberfees vanjaar!

Die jaarlikse Oktoberfest, die wêreld se grootste bierfees, sal vanjaar sonder enige koronavirusbeperkings plaasvind nadat dit vir die afgelope twee jaar weens die pandemie gekanselleer is, het die burgemeester van München, Dieter Reiter, gesê. Dit sal volgens hom ‘n onbeperkte fees wees en reëlings is reeds opdreef. Die fees sal vanaf 17 September tot 3 Oktober gehou word. Daar word jaarliks tussen 7,3 en 7,7 miljoen liter bier by die fees deur sy ongeveer ses miljoen besoekers gedrink… en ons dog ons drink baie bier in Namibië…