Staatsveeartse het ook groot uitdagings in Namibië
Die Suid-Afrikaanse Veeartsenyraad sê die tekort aan dienste vir lewende hawe in Suid-Afrika se landelike dele moet dringend aandag kry. Die raad se president, Tlotlo Kgasi, sê die internasionale norm is tussen 200 en 400 veeartse per miljoen van ‘n land se bevolking, terwyl Suid-Afrika slegs tussen 60 en 70 veeartse per miljoen mense het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Albertina Shilongo, hoofveeartsenykundige beampte by die Namibiese landbouministerie gesels oor die stand van sake in Namibië.