Britse LP met pornografie in die Huis gevang

Die Britse publiek eis antwoorde na ‘n LP vir die Konserwatiewe Party gevang is waar hy pornografie in die parlement op sy selfoon sit en kyk. Daar is volgens berigte 56 LP’s, uit ‘n totaal van 650, wat ondersoek word vir seksuele misdrywe. Daar was plaaslik ook ‘n tydjie gelede groot reaksie op lede van die Nasionale Vergadering wat tydens sessies video-speletjies gespeel het, met een wat op ‘n webtuiste vir enkellopendes gevang is. In Brittanje sê die skadu arbeidsminister van die Arbeiders Party, Jonathan Ashworth, die man se naam moet bekend gemaak word en hy moet geskors word.