Al-Aqsa-moskee – nog skermutselinge

Minstens 31 Palestyne is vanoggend beseer Al-Aqsa-moskee-kompleks in Jerusalem. Dit is die jongste voorval in ‘n onlangse oplewing van geweld in die gebied wat deur beide Moslems en Jode vereer word. Volgens die Palestynse nooddienswerkers is 14 Palestyne na die hospitaal afgevoer, twee met ernstige beserings. Israeliese polisie sê hy moes ingryp toe honderde mense klippe en vuurwerke begin gooi het en na aan die Westelike Muur gekom het, waar Joodse aanbidding aan die gang was. Daar word berig dat die polisie ook rubberkoeëls op ‘n groep joernaliste gebruik het.