Noord-Kaap kry groot lusernprojek

Die Noord-Kaapse LUR van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Mase Manopole, het ‘n lusern-aanplantingsprojek van 3,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Warmsand naby Keimoes bekend gestel. Die projek is in vennootskap met die National African Farmers Union en sal aan 200 mense werk verskaf. Die woordvoerder van die departement, Zandisile Luphahla, sê dit sal boere ook help om hul vee te kan voer in tye van natuurrampe soos brande, bruinsprinkaanplae en droogte.