Man in Gauteng vas vir vervaardiging van allerhande vervalste dokumente

Die polisie in Gauteng het ‘n man in Hillbrow, Johannesburg, in hegtenis geneem omdat hy na bewering betrokke is by ‘n sindikaat wat vervalste dokumente vervaardig. Die provinsiale polisiekommissaris, Elias Mawela, sê polisielede het tydens ‘n voetpatrollie inligting van inwoners ontvang. Dit het tot die man se inhegtenisneming gelei. Beslag is ook gelê op ‘n rekenaar en hardeskywe. Mawela sê die verdagte is op heterdaad betrap waar hy verskeie dokumente vervaardig het. Dit sluit in matrieksertifikate, vuurwapenlisensies, rybewyse, diplomas, reisdokumente en Covid-inentingsertifikate.