Duitsers arresteer 4 verregse pro-Russiese verdagtes

Duitse ondersoekers sê hulle het vier lede van ‘n verregse teen-inperkingsgroep wat neig na steun vir Rusland, in hegtenis geneem vir die beplanning van gewelddadige aanvalle. Dit sluit ‘n komplot in om Duitsland se gesondheidsminister te ontvoer. Die verdagtes van die Verenigde Patriotte-groep word beskuldig van die beplanning van plofstofaanvalle en ander geweldsdade. Die minister, Karl Lauterbach, het bevestig hy was een van hulle teikens en het polisiebeskerming gekry. Ondersoekers het vyf Duitse verdagtes tussen die ouderdomme van 41 en 55 uitgeken, en soektogte uitgevoer, wat gelei het tot die vier inhegtenisnemings en beslaglegging op tientalle vuurwapens.