Djokovic erken hy het stoom verloor

Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, het erken hy het stoom verloor toe hy vir slegs sy tweede toernooi van die jaar na mededingende tennis teruggekeer het. Die Serwiër het in die ronde van 32 op die Monte Carlo-meesterstoernooi die knie gebuig voor die wêreld nommer 46, Alejandro Davidovich Fokina. Djokovic het die eerste stel verloor en in die tweede stel sake gelykop gemaak. Die Spanjaard het egter die derde stel 6-1 gebuit om die wedstryd te wen. Dis die eerste keer sedert 2018 dat Djokovic sy eerste wedstryd van ‘n toernooi verloor.