Google dagvaar aanlyn-bedrieër
‘n Bedrieër wat aanlyn kleinhondjies verkoop het, het sy rieme styf geloop nadat Google hom gedagvaar het. Die man, Nche Noel, ‘n Kameroense burger, het volgens die internet-reus van sy dienste gebruik gemaak om mense te bedreig. Google het klagtes ontvang van mense wat aanlyn opregte kleinhondjes gekoop en betaal het maar, die hondjies nooit ontvang nie. Noel het tientalle Gmail-e-pos- en Google Voice-rekeninge gebruik om met slagoffers te kommunikeer, die bedrieglike webwerwe by Amerikaanse internetgasheermaatskappye te registreer en betalings aan te vra, en te ontvang, sê Google. Google se beleid verbied die gebruik van sy dienste in onwettige aktiwiteite. Die regsgeding sê die hondjie-bedrogspul het Google se reputasie benadeel en dit meer as 75 000 Amerikaanse dollar gekos om te ondersoek en te herstel. Dit is die tweede saak en die eerste een, was ook ‘n hondjie-swendelaar van Kameroen. Hy het skuld beken.