Uitstel in Zuma se saak was nie ‘n guns nie
Die Jacob Zuma-stigting sê die hof het die oudpresident nie ‘n guns bewys deur sy korrupsieverhoor uit te stel nie. Die stigting het gereageer op regter Piet Koen se uitspraak om die saak uit te stel na 17 Mei. ‘n Woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die uitspraak is in ooreenstemming met Zuma se grondwetlike regte:
Intussen sê die stigting Zuma is onder streng waarneming in die hospitaal en hy vier vandag sy 80ste verjaarsdag daar.