Varsitybekerreeks se kragmetings bekend

Die Universiteit van Kaapstad se Ikeys en die Universiteit Stellenbosch se Maties takel mekaar volgende Maandag in die Varsitybekerreeks se eerste halfeindstryd. In die ander halfeindstryd kom die voorlopers op die punteleer, die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat, te staan teen Tuks, die verdedigende kampioen van die Universiteit van Pretoria. Intussen is die Universiteit van die Wes-Kaap en die Nelson Mandela Universiteit se Madibaz gerelegeer na die Varsityskild-kompetisie.