SANParke se hengelprojek help 30 pensioenarisse

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke in die Wes-Kaap gaan groente-verbouingstoerusting en visvanggereedskap aan die gemeenskap in die omgewing van die Tuinroete se nasionale park oorhandig. Die waarnemende uitvoerende hoof van SANParke, Dumisani Dlamini, sê die inisiatief is deel van hulle maatskaplike nalatenskap-program vir die gemeenskap wat gemik is op maatskaplike hulpverlening. Dlamini sê dit het ook ten doel om pensioenarisse met visvang-permitte te help. Altesaam 30 pensioenarisse gaan voordeel trek uit die hengelprojek waar hulle inheemse kennis vir toekomstige geslagte ingespan gaan word.