Botswana-landbou soek beleggers
Botswana se Beleggings- en Handelsentrum doen ‘n beroep op meer beleggers om voordeel te trek uit die florerende landbousektor. Direkteur Omphitlhetse Bobo Senosi het tydens die sentrum se seminaar gesê die regering van Botswana het landbou geoormerk as sleutelsektor. Spesifieke bedrywe is uitgelig, insluitend tuinbou en graan-, heuning-, suiwel- en skaapproduksie. Senosi sê die regering het ook ondernemings gegee, insluitend belastingvoordele waar korporasies net 5 persent belasting betaal vir die eerste vyf jaar en tien-persent daarna.