Amper N$60m vir klimaatsverandering aan Nam geskenk deur EU

Die Europese Unie het 59,5 miljoen Namibiese dollar geskenk aan die Namibiese regering vir sy ‘n klimaataksieplan om kweekhuisgas-vrystellings te verminder. Dit vorm deel van die EU se doelwitte soos uiteengesit by die onlangse klimaatsberaad in Glasgow. Volgens die EU ambassadeur in Namibië Sinikka Antila, is klimaatsverandering ‘n prioriteitskwessie wat deur middel van samewerking in die internasionale gemeenskap opgelos moet word, omdat elke land reeds, of sal in die toekoms, negatief geraak word. Sy sê die inval in die Oekraïne het ‘n groot globale veiligheidsimpak op voedsel en energie, en maak die oorgang na groen energiebronne belangriker.