Botswana wen stil-stil entstof-wedloop
Botswana het 100 miljoen dosisse van Afrika Suid van die Sahara se eerste Covid-19-entstof ooit – Pula Corbevax – ontvang wat uiteindelik op eie bodem vervaardig sal word. “Pula”, ‘n Setswana-woord wat “reën” of “seën” beteken, is ook die naam van Botswana se geldeenheid. Die entstof sal in Botswana vervaardig word deur NantBotswana, ‘n gesamentlike onderneming tussen die Botswana-regering en die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr dr. Patrick Soon-Shiong se NantWorks. Die entstof is ontwikkel deur die Texas Kinderhospitaal-sentrum vir Entstofontwikkeling Baylor-kollege, en is patentvry. Dit beteken dit sal toeganklik en goedkoop genoeg wees vir arm state. Die entstof is reeds goedgekeur vir gebruik in Bangladesj, Indië en Indonesië.