Man lewenslank tronk toe na herhaalde verkragting van buurseun

‘n Man is in die Verulam streekhof in KwaZulu-Natal tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die herhaaldelike verkragting van sy buurseun in Maart 2013. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, het die 28-jarige beskuldigde in Phoenix in dieselfde blok woonstelle as die vier-jarige seun gewoon toe die voorvalle plaasgevind het. Hy was toe 20-jaar oud. Sy sê die seun se ma het hom in 2019 op net tienjarige ouderdom betrap toe hy na pornografie gekyk het en sy toe van die voorval te hore gekom het.