Begroting doen niks vir Jan Alleman nie

Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi sê daar is geen bewyse dat die regering billik bronne versprei nie. Swartbooi het kommentaar oor die begroting gelewer en meen dat die begroting weer aandui dat die politieke elite hul eie ekonomiese agenda voorsit. Hy sê daar is geen teken dat die begroting enigsins sal bydra tot die welstand van die Namibiese gemeenskap nie. Hy het ook kritiek uitgespreek oor die plaaslike ontwikkelingsbank wat deur die staat befonds word maar, voornemende kliënte behandel nes kommersiële banke hul kliënte behandel en dus kan daar geen vooruitgang wees nie, eenvoudig omdat landsburgers nie die kans gegun word om vir hulself ‘n beter lewe te skep en op te bou nie.