ANC in Mpumalanga sal hofaksie teen hom uitdaag
Die adjunk-sekretaris van die ANC in Mpumalanga, Lindiwe Ntshalintshali, sê die party is gereed om sy besluit om die beplande verkiesingskonferensie hierdie naweek te hou, in die hof te verdedig, indien ontevrede lede regstappe doen. Volgens berigte sirkuleer vier lede van die ANC ‘n brief waarin hulle te kenne gee hulle gaan die hof nader om die geleentheid te stop. Hulle sê die nasionale werkskomitee se besluit om die provinsiale uitvoerende komitee te ontbind, is strydig met die ANC se grondwet.