China help bou vier Namibiese skole in die Noordooste
China het 343 miljoen Namibiese dollar leningshulp aan die Namibiese onderwysministerie verskaf vir die konstruksie van vier landelike skole, twee elk in die Kavango-Wes-streek en Zambezi-streek. Bykomende geriewe sal by die Satotwa en Simanya Gekombineerde Skole in Kavango-Wes gebou word, asook by die Liselo Gekombineerde Skool en Masokotwani Gekombineerde Skool in die Zambezi-streek. Dit sluit in koshuise vir leerders, behuising vir onderwysers, ‘n eetsaal, klaskamers, rekenaarsentrum, biblioteek, ablusiegeriewe, sportgeriewe ‘n septiese tenk en heinings.