Ongwediva se mense moet straatname gee

Die Ongwediva Dorpsraad versoek inwoners straatnaamvoorstelle aan die dorpsraad se bestuur in te dien. Jackson Muma, woordvoerder van die dorp, sê die afwesigheid van straatname by sommige plekke maak dit moeilik vir inwoners om adresse op te spoor en ook vir nooddienste om doeltreffend te reageer.