Die Oekraïne looi SA vir sy ‘neutrale’ standpunt

Die Oekraïne het skerp kritiek teenoor Suid-Afrika uitgespreek oor wat die ANC-regering beskryf as sy neutrale standpunt in verband met die oorlog in Oos-Europa. Die Oekraïense ambassadeur by die VN Sergiy Kyslytsya het die Suid-Afrikaanse standpunte vergelyk om ‘n sterwende kind willens en wetens ‘n plasebo in plaas van medisyne te gee. Die Suid-Afrikaanse politieke analis professor Andre Duvenhage het sy mening so verwoord.