Sjanghai-inperking dwing Brentprys af

Oliepryse het vanoggend met meer as 3 Amerikaanse dollar ‘n vat gedaal namate vrese oor ‘n swakker brandstofvraag in China toegeneem het na owerhede Sjanghai ingeperk het. Brent verhandel vanoggend rondom 116 dollar ‘n vat nadat die kommoditeit rondom 119 dollar Vrydag afgesluit het. China het Maandag ‘n beplande twee-fase-sluiting van Sjanghai, ‘n stad van 26 miljoen mense van stapel gestuur. Maar, kenners waarsku vir nog ‘n styging in pryse wanneer Opul en sy vennote Donderdag vergader. Daar word nie verwag dat produksie opgestoot sal word nie dus sal olie steeds vir ‘n geruime tyd bo 100 dollar ‘n vat verhandel.