Sjanghai word in twee fases ingeperk

Die Chinese stad Sjanghai word van vandag af om die helfte ingeperk sodat massa-toetsing gedoen kan word nadat byna 2 700 nuwe Covid-19-gevalle Saterdag bevestig is. Sowat 11 miljoen inwoners in die oostelike deel van die stad word van vandag af vir vier dae ingeperk, en die oorblywende 14 miljoen van Vrydag af. Daar word berig elke inwoner sal getoets moet word om ‘n sogenaamde groen gesondheidstatus te handhaaf. Dit sal hulle toelaat om by openbare plekke en kruidenierswinkels in te gaan.