Reaksie op Zimbabwe se Landbou Finansieringskorporasie

Reaksie word ontvang op berigte dat die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa die nuwe Landbou Finansieringskorporasie in die buurland van stapel gestuur het. Die instansie sal landbou deur finansiering bystaan met lenings vir verskeie dienste in die bedryf, wat soos ‘n Landbank sal dien. Die buurland se Ekonoom Eddie Cross sê dit is ‘n goeie besluit.