DA bekommerd oor Covid-stimuluspakket wat in Gauteng uitbetaal word

Die DA in Gauteng sê die Maphindis-dagsorgsentrum in Mpilisweni, Thokoza in Ekurhuleni sukkel om kinders te voorsien van gebalanseerde maaltye en om vol te hou met sy bedrywighede. Die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling het versuim om die Covid-19 stimuluspakket vir vroeëkind-ontwikkeling uit te betaal. Die DA-lid Refiloe Nt’sekhe sê vroeëkind-ontwikkelingsentrums ly steeds weens kinders wat verhonger, maar die departement het 77 miljoen rand van die vroeëkind-ontwikkeling indiensnemingstimulusverligtingsfonds ontvang.