SA gesondheidsminister erken daar is uitdagings met herstelwerk aan Charlotte Maxeke-hospitaal

Die Suid-Arikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê daar is uitdagings rondom die afhandeling van die herstelwerk aan die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg. Hy sê hy kan nie die moontlikheid van korrupsie buite rekening laat nie en verwag ‘n volledige verslag oor die vordering met die herstelwerk.

Phaahla sê die onlangse skade aan die nuut-opgeknapte noodeenheid dui op hoë vlakke van sabotasie