Oorgrensmisdaad, brandstof-smokkelary ingesluit, duur voort

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi sê oorgrensmisdaad tussen Namibië en Zambië duur onverpoosd voort. Volgens Kapofi is stropery en die smokkelary van goedere die grootste bron van kommer. Hy sê dit is uiters teleurstellend dat van die betrokkenes beamptes is wat die wet moet handhaaf. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor ‘n daadwerklike tekort aan dokumentasie vir diegene wat op die grens woonagtig en daagliks oorgrens beweeg. Intussen word daar ook berig dat skoolgaande kinders op Oshikango skool verlaat het en onwettige brandstof uit Angola verkoop. Die kinders gaan volgens die berigte gedurende die nag oorgrens na Angola om die brandstof te verkry. Die skerp styging in die brandstofprys het vraag na Angolese brandstof, wat onwettig in Namibië is, opgestoot.