Reaksie op Zondo-aanstelling

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Daniel Silke sê die aanstelling van Raymond Zondo as die nuwe hoofregter is ‘n belangrike oomblik vir President Cyril Ramaphosa om die land se regbank te versterk. Die aanstelling volg op ‘n lang proses wat uitgeloop het op omstrede onderhoude, waarna die Regterlike Dienskommissie, die president van die Appèlhof, Mandisa Maya, vir die pos aanbeveel het. Silke sê Ramaphosa het hierdie besluit geneem terwyl hy politieke druk in die keuringsproses weerstaan het:

Intussen sê Silke Zondo se aanstelling dra gewig ten opsigte van die staatskapingsverslag en moontlike vervolgings: