Tropiese storm Gombe sal nie binnelands beweeg nie

Die tropiese storm Gombe het reeds oor die noorde van Madagaskar beweeg en is op pad na die Mosambiek-kanaal. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Gombe sal oor die kanaal weer versterk as gevolg van die warm see-oppervlaktemperature gekombineer met vog. Teen Vrydag sal Gombe tropiese sikloonintensiteit bereik wanneer dit na verwagting ‘n kort rukkie oor die noorde van Mosambiek sal in beweeg, maar sal volgens die weerdiens terug beweeg oor die Mosambiek- kanaal en sal nie binnelands in beweeg nie.