JSE verander noteringsvereistes

Die Johannesburgse Aandelebeurs het ‘n verandering in sy noteringsvereistes aangekondig. Dit sal die notering van skuldbriewe met vooraf-vasgestelde volhoubaarheid moontlik maak. Die JSE sê die doel is om die blootstelling van die vinnig-groeiende omgewings-, maatskaplike- en bestuursbeleggingsektor te verhoog en om die verkope van effekte te magtig, ten einde fondse te genereer om klimaatsverandering te bekamp. Die JSE sê die opbrengs sal aangewend word om klimaatsverandering te beveg. Hy gaan ook ‘n volhoubaarheids- en ‘n oorgangsegment vestig om die effekte na te spoor.