Brandstof: Verhogings kom, maar nie tot by 40 nie

Met die olieprys wat vanoggend vanaf ongeveer 118 Amerikaanse dollar na tot net onder 130 dollar ‘n vat gestyg het, en met voorspellings deur verskeie ekonome dat die brandstofprys tot 40 Suid-Afrikaanse rand, of Namibiese dollar kan styg, het Kosmos 94.1 Nuus met die beleggingsekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy stem nie saam met die vooruitskatting maar sê daar sal vir volgende maand ‘n skerp styging wees.