Sakesektor moet openbare ondersoeke bystaan

Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê gesprekke word gevoer oor hoe die sakesektor openbare ondersoeke en vervolging suksesvol kan ondersteun. Dis om te verseker die aanbevelings in die staatskapingsverslae vir die vervolging van individue word nagekom. Mavuso sê die privaat sektor het toegang tot geskikte forensiese ondersoekers en ontleders wat kan verseker die staat bou sterk sake vir suksesvolle vervolgings. Sy sê om ná staatskaping vorentoe te beweeg moet behoorlik opgetree word teen dié ondernemings wat betrokke was.