N$3 miljard nodig in Ethiopië

Die Verenigde Nasies se vlugteling-agentskap doen ‘n beroep vir meer as 3 miljard Namibiese dollar om beskerming en bystand wat lewens kan red te lewer aan meer as 1,6 miljoen mense wat weens die konfik in die noordelike deel van Ethiopië ontwortel is. Burgerlikes, insluitend vlugtelinge en mense wat intern ontwortel is, gaan gebuk onder geslagsgeweld, menseregtevergrype, gebrek aan skuiling en toegang tot basiese dienste, asook kritieke vlakke van voedselonsekerheid. ‘n Woordvoerder van die agentskap, Faith Kasina, sê meer as twee-miljoen mense het uit hulle huise gevlug sedert die konflik in November 2020 begin het: