Haas dank Mazepin af

Die Russiese jaer, Nikita Mazepin, het sy teleurstelling uitgespreek nadat Haas se Formule Een-span sy kontrak met hom beëindig het. Die span het ook sy titel-borgskap-ooreenkoms met die Russiese firma, Uralkali, gekanselleer. Dit volg nadat Formule Een verlede week gesê het hy sal nie vanjaar in Rusland wedrenne hou nie, nadat dié land sy buurland Oekraïne binnegeval het. Die Russiese Grand Prix, wat sedert 2014 deel van die kalender is, sou in September by Sochi se Olimpiese Parkbaan gehou word.