Hof herroep anti-apartheidsaktivis se dood as selfdood

Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het die besluit herroep om die anti-apartheidsaktivis Neil Aggett se dood as ‘n selfdood te verklaar. Aggett is in Februarie 1982 in sy sel by John Vorster Plein-polisiestasie opgehang gevind nadat hy 70 dae in aanhouding was. ‘n Geregtelike doodsondersoek het die apartheidsregering van skuld onthef en selfdood as die oorsaak van sy dood beslis. Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het in 2019 die heropening van die ondersoek gemagtig. Regter Motsamai Makume sê lede van die Veiligheidspolisie het Aggett vermoor: