SA vervoerminister sê Padongelukkefonds is in haglike finansiële situasie

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê die Padongeluksfonds se haglike finansiële situasie vereis skeppende maniere om te verseker die belastingbetaler kry waarde uit sy belegging deur die brandstofheffing. Hy het die groenlig gegee vir ‘n nuwe sake-bedryfsmodel. Mbalula sê meer as 17 miljard rand van die inkomste wat die fonds insamel gaan aan administrastiewe koste, en slegs 26 miljard rand vir eisers. Hy beklemtoon ‘n holistiese benadering is nodig om die fonds weer finansieel bestendig te maak.