Dobbel-heffings sal verslaafdes bystaan

Die toerismeminister Pohamba Shifeta sê die nuwe wetgewing in verband met dobbelary maak voorsiening daarvoor dat heffings gebruik kan word vir die rehabilitasie van dobbelverslaafdes. Daar is heffings van tussen 10 000 en 80 000 dollar per masjien wat jaarliks aan die ministerie van finansies oorbetaal moet word en die heffings sal benut word vir maatskaplike werkers om verslaafdes by te staan. Shifeta sê dobbelary het families verwoes en die kwessie moet aangespreek word. Eienaars van masjiene moet ook elkeen registreer by sy ministerie en elkeen moet ook gelisensieer wees. Volgens hom sal dit verhoed dat die masjiene gesteel word.