SA se mynwerkers raak krapperig

Suid-Afrika se mynwerkers raak krapperig. Die mynbouvakbonde Amcu en NUM sê hulle sal Maandag ‘n laaste keer met die bestuur van Sibanye-Stillwater se goudmyne vergader. Dit volg op die vakbonde se stemming ten gunste van ‘n staking volgende Donderdag, nadat ‘n ooreenkoms oor lone nie bereik kon word nie. Die vakbonde eis ‘n salarisverhoging van 1 000 Suid-Afrikaanse per maand vir drie jaar, terwyl Sibanye se laaste aanbod ‘n verhoging van 700 rand is. William Mabapa van NUM sê hulle doen ‘n dringende beroep op Sibanye om sy aanbod te heroorweeg en só ‘n staking af te weer: